Demografie

Demografie (van die Griekse woorde δῆμος dēmos, "die volk", en γράφω graphō, "skryf, beskrywing, meting") is die wetenskaplike studie van die grootte, samestelling en verandering van menslike bevolkings.[1]

Demografiese ontleding kan hele gemeenskappe dek, of groepe wat gedefinieer word volgens kriteria soos opvoeding, nasionaliteit, godsdiens en etnisiteit. Opvoedkundige instellings[2] behandel demografie gewoonlik as ’n terrein van sosiologie, hoewel daar verskeie onafhanklike demografiese dissiplines is.[3] Na aanleiding van demografiese navorsing oor die aarde kan demograwe die wêreld se bevolking tot die jaar 2050 en 2100 raam.

Formele demografie se studieveld is beperk tot die meting van bevolkingsprosesse, terwyl die breër veld sosiale demografie of bevolkingstudies ook die verhoudings tussen ekonomiese, sosiale, kulturele en biologiese prosesse ontleed wat ’n bevolking beïnvloed.[4]

  1. WP Mostert, BE Hofmeyer en JS Oosthuizen: Demografie. Handboek vir die Suid-Afrikaanse student. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing 1997, bl. 1
  2. "The Science of Population". demographicpartitions.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2019. Besoek op 4 Augustus 2015.
  3. "UC Berkeley Demography department website".
  4. Andrew Hinde Demographic Methods Ch. 1 ISBN 0-340-71892-7

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search